Product Description
Low Carb is Lekker Twee
Author: Inè Reynierse
Format: Paperback
Om laekoolhidraatmaaltye voor te berei hoef nie vervelig of saai te wees nie. Inè Reynierse, outeur van die topverkoper Low Carb is Lekker, bring alledaagse disse weer terug na die laekoolhidraat-hoëvet-spyskaart. Met haar unieke deegresepte kan jy nou brood, muffins, oliebolle, nachos, pizza, vetkoek en selfs koeksisters geniet, maar sonder die oortollige koolhidrate.
Haar eenvoudige en fynproewermaaltye, waaronder ’n paar plaaslike gunstelinge asook gunstelinge van oor die wêreld heen, sal die hele gesin laat vra na meer ... meer gesonde maaltye! As jy op soek is na eenvoudige en sakpasresepte vir ’n laekoolhidraatleefstyl, is dié boek jou beste bondgenoot.
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.