CONTACT US


ENQUIRIES


OFFICE HOURS


Mon-Fri: 9am-4pm

Lied vir Sarah: Lesse van my Ma

Now: R90.00
Was: R100.00
In stock
(0) Write a Review
SKU:
ISBN 9781928257318
UPC:
9781928257318
Condition:
New
Availability:
Most titles ship within 3–10 working days if in stock. Non-stock items may take up to 4–8 weeks to import from overseas or reprint.
Shipping:
Calculated at Checkout

Product Description

Lied vir Sarah: Lesse van my Ma

Authors: Jonathan Jansen, Naomi Jansen

Format: Hardcover

In hierdie boek, Jansen se persoonlikste en mees intieme boek tot op hede, daag Suid-Afrika se geliefde professor die stereotipes en stigma uit wat so maklik op Kaapse Vlakte-ma’s van toepassing gemaak word as luidrugtig, wellustig en sonder tande – en bied hy dié deernisvolle verhaal aan as ‘n lofsang vir ma’s oral wat op moeilike plekke gesinne moet grootmaak en gemeenskappe moet bou. As jong man het Jansen gewonder hoe ma’s dit regkry om kinders onder moeilike omstandighede groot te maak – en toe besef die antwoord is reg voor hom in die vorm van Sarah Jansen, sy eie ma.

Deur haar vroeë lewe in Montagu en die gevolge van apartheid se gedwonge verskuiwings na te speur, werp Jansen lig op hoe sterk vroue nie slegs daarin geslaag het om gesinne bymekaar te hou nie, maar hulle kinders ook met integriteit groot te maak.

Met sy kenmerkende fynsinnigheid, humor en eerlikheid, volg Jansen sy ma se lewensverhaal as ‘n jong verpleegster en ma van vyf kinders, en wys hy hoe dié ma’s hulle verlede verwerk het, hulle huise ingerig het, sin gemaak het van die politiek, die liefde bestuur en kernwaardes gekommunikeer het – hoe hulle hulle lewens gelei het. Om sy eie herinneringe te balanseer, het Jansen hom op sy suster, Naomi, beroep om haar eie insigte en herinneringe te deel, en daardeur spesiale waarde tot hierdie roerende memoir toe te voeg.


For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za

© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.

Other Details

Publisher:
Bookstorm
Publisher Title:
LIED VIR SARAH-LESSE VAN MY MOEDER (HB)
Authors:
Jonathan Jansen, Naomi Jansen
Format:
Hardcover