Product Description
Kombuistaal
Authors: Vickie de Beer, Antjie Krog
Format: Paperback
Recommended for ages 9+
DIE BOEK
Hierdie kookboek gaan die jongspan nie net laat smul aan heerlike kos nie, maar ook leer hoe om gesonde keuses te maak.
Kombuistaal gee vir kinders die woordeskat en vaardighede om seker te maak dat hulle van jongs af weet hoe om kos te kies wat gesond en heilsaam is.
Selfs grootmense word touwys gemaak oor hoe om slim keuses te maak om hul besige kinders gesond en sterk te hou – alles gebaseer op wetenskaplike navorsing.
Boonop is dit ’n lekkerleesboek propvol nuwe gedigte deur Antjie Krog!
THE BOOK
This cookbook will not only make youngsters enjoy delicious food but also teach them how to make healthy choices.
Kombuistaal gives children the vocabulary and skills to ensure that they know how to choose food that is healthy and wholesome from a young age.
Even parents can learn new tips on how to make smart choices to keep their busy children healthy and strong – all based on scientific research.
As a bonus, this book is a collector’s item with new and original poems by Antjie Krog!
About the Authors
Vickie de Beer is 'n vryskut-kosstilis, resepontwikkelaar, skrywer en fotograaf metbaie jare se ervaring. Sy was vir meer as 20 jaar die kosredakteur vir rooi rose enhet ook vir verskeie tydskrifte bydraes gelewer. Op die oomblik is sy diekosredakteur vir Lose it!.Kombuistaal is Vickie se eerste kookboek vir kinders.
Antjie Krog is gebore en word groot in die Vrystaat. Sy was sewentien toe haar eerste digbundel verskyn. Hierna volg ’n verdere dertien bundels. Sy was redakteur van die politieke tydskrif Die Suid-Afrikaan en werk later as radiojoernalis. Sy is internasionaal veral bekend vir haar boek Country of my skull, ’n persoonlike verslag van die Waarheid-en-versoeningskommissie. Vir haar joernalistieke werk is sy met die Pringle-toekenning bekroon. Sy is ook die skrywer van ’n Ander tongval en Begging to be black. Krog ontvang die belangrikste toekennings in die genres waarin sy werk: poësie, niefiksie en vertaling, onder meer die Eugène Marais-prys, die Hertzogprys, die Alan Paton-prys en die Olive Schreiner-prys. Sy is vereer met die Hiroshima Peace Culture Foundation se Stockholm-toekenning, die Sentraal-Europese Universiteit se Open Society Prize en die Nederlandse Gouden Ganzenveer. Sy is getroud met die argitek John Samuel.
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited. © 2026 Schoolspace