CONTACT US


ENQUIRIES


OFFICE HOURS


Mon-Fri: 9am-4pm

Kobra

R365.00
In stock
(0) Write a Review
SKU:
ISBN 9780798165044
UPC:
9780798165044
Condition:
New
Availability:
In stock at warehouse • Ships in +/- 5 working days,Imported title on pre-order • Awaiting stock from UK
Shipping:
Calculated at Checkout

Product Description

Kobra

Authors: Deon Meyer, Nic de Jager

Format: Softcover

Die laaste ding wat kaptein Bennie Griessel van die Valke nodig het, is moeilikheid. Want hy suip dalk al weer, hy lieg vir sy kollegas en sy AA-borg, en die intrek by Alexa Barnard was 'n fout. 'n Karnallie van 'n fout.

Maar die gastehuis-bloedbad buite Franschhoek was die werk van 'n professionele laksman - drie slagoffers, drie perfekte kopskote. En dis nie net die onverklaarbare gravering van 'n spoegkobra op die koeëldoppies - en die komende mediasirkus - wat Griessel laat bloed sweet nie.

Twee van die oorledenes is lenige militêre tipes. Spesmagte.

Of Spoke. Moeilikheid.

Heel agter, in die hoofslaapkamer, is tekens van 'n gestoei, en te veel bewyse dat iemand ontvoer is. Bes moontlik 'n buitelander.

Groter moeilikheid. Maar die paspoort is vals, die Britse konsulaat speel spioenasiespeletjies, en dieselfde huurmoordenaar slaan toe by die Kaapse Waterfront.

Boonop neem die staat se duistere Sekuriteitsagentskap die ondersoek oor, en die Valke moet 'n vlugtende, baie vaardige Kaapse sakkeroller dringend opspoor om hul eer - en die demokrasie - te red. Maksimum moeilikheid.


For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za

© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.

Other Details

Publisher:
Human & Rousseau
Publisher Title:
Kobra
Authors:
Deon Meyer, Nic de Jager
Format:
Softcover