Product Description
Ko lat ons sing
Author: Adam Small
Format: Softcover
Hierdie keur uit al vyf Afrikaanse digbundels van Adam Small gee ’n beeld van sy onmisbare plek in die verruiming van die Afrikaanse letterkunde. Dit wys sy beheersing van humor, ironie en satire om gesagsfigure te hekel, en bowenal sy kreatiewe ontginning van alledaagse spraakvorme, rympies, liedjies en veral sy aanwending van Kaaps, soos hy die spreektaal van bruin werkersklasmense genoem het.
Oor Kaaps het hy in die naskrif by Kitaar my kruis gesê: “Kaaps is ’n taal . . . ’n taal waarin mense hul eerste skreeu skreeu en hul doodsroggel roggel.” Die meerderheid van die gedigte kom uit Kitaar my kruis en Sê Sjibbolet. Die gedigte is gekies en die keur versorg deur ’n kenner van Small se werk, Steward van Wyk.
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.