CONTACT US


ENQUIRIES


OFFICE HOURS


Mon-Fri: 9am-4pm

Keto Lifestyle: maklik

R400.00
In stock
(0) Write a Review
SKU:
ISBN 9781485901532
UPC:
9781485901532
Condition:
New
Availability:
Most titles ship within 3–10 working days if in stock. Non-stock items may take up to 4–8 weeks to import from overseas or reprint.
Shipping:
Calculated at Checkout

Product Description

Keto Lifestyle: maklik

Author: Hendrik Marais

Format: Paperback

Die ketodieet is lankal bekend; miskien het jy daarvan gehoor maar verstaan die konsep nie heeltemal nie en dink dis te duur. Of miskien het jy dit getoets maar is oorweldig deur ’n oorvloed dikwels teenstrydige inligting en het jy moed opgegee. Ontspan, dis nie jou skuld nie. Of die leefstyl nou vir jou splinternuut is of dalk volg jy dit al noukeurig en het jy nuwe inspirasie nodig, hierdie boek het iets vir almal.

Ná die wegholsukses van sy eerste boek, Living the Ultimate Keto Lifestyle (2022), wil Hendrik Marais die ketogeniese leefstyl aan selfs meer mense bekendstel terwyl hy aanhangers terselfdertyd ’n vereenvoudigde uiteensetting van die jongste neigings en ’n volledige stel maklike en smaaklike resepte wil bied.

Keto Lifestyle: maklik is ’n gids vir die implementering van ’n ketogeniese dieet met periodieke vas (opsioneel). Dit sluit in vier maaltydplanne (twee is standaard en twee verg spesifieke voorbereiding) met meer as 66 resepte wat eenvoudig is om te volg, sinvol is, wat sowel begroting- as beurtkragvriendelik is en jou tyd sal spaar.

Jy sal mal wees oor die geurige, tradisioneel Suid-Afrikaanse resepte wat ook ’n ketovriendelike vermaaklikheidspyskaart insluit om jou vriende te onthaal en goeie tye op ’n gesonde en bekostigbare manier met hulle te deel.

Maar daar’s soveel meer: inligting oor voedingswaarde, raad oor oefening en maniere om jou motivering te handhaaf. Die belangrikste is egter hoe om ’n lewenstyl te kweek wat nie net gewigsverlies op die kort termyn ondersteun nie, maar ook die gewig vir jare lank onder beheer sal hou – iets waarmee die meeste mense desperaat worstel. Die boodskap van hierdie boek is maklik: ’n Ketogeniese dieet hoef nie ingewikkeld, duur of tydrowend te wees nie.


For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za

© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.

Other Details

Publisher Title:
Keto Lifestyle: Maklik
Authors:
Hendrik Marais
Publication Date:
01/05/2024
Language:
Afrikaans
Pages:
208
Dimensions:
260 × 210 × 14 mm
Weight:
830 g