Product Description
Katalekte: (artefakte vir die stadige gebruike van doodgaan)
Author: Breyten Breytenbach
Format: Softcover
Die subtitel “artefakte vir die stadige gebruike van doodgaan” dui reeds op die belangrikste temas in hierdie bundel van Breytenbach: afskeid, verganklikheid, die dood. Tog is daar ook, soos altyd, gedigte wat ’n viering is van die lewe en van die liefde.
Katalekte vorm ’n drieluik met Breytenbach se vorige twee bundels, Die windvanger en Die beginsel van stof. Soos voorheen, gedigte wat aards is én liries, sintuiglik én abstrak, eenvoudig én kompleks, onthutsend én teer.
En steeds, die assosiasie van letsels, oorblyfsels, flardes, van onvolledigheid. En uiteindelik, ’n oorgang na “die bevryding van onsigbaarheid”.
Die bundel sluit 20 afbeeldings in kleur in, van pampoen tot nar: ’n integrale deel van die teks.
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.