CONTACT US


ENQUIRIES


OFFICE HOURS


Mon-Fri: 9am-4pm

Karoowildsvleis

R390.00
In stock
(0) Write a Review
SKU:
ISBN 9780798186278
UPC:
9780798186278
Condition:
New
Availability:
In stock at warehouse • Ships in +/- 5 working days,Imported title on pre-order • Awaiting stock from UK
Shipping:
Calculated at Checkout

Product Description

Karoowildsvleis

Authors: Lynne Minnaar, Annatjie Reynolds

Format: Softcover

Jou alles-in-een wildsgids – van die veld tot op die tafel. Karoo Wildsvleis bied ’n meesterklas in wildskookkuns – dit neem jou van die ongerepte jagveld na die slagkamer en wys jou hoe om ’n karkas in die onderskeie snitte op te sny, en dan na die kombuis vir die beste gaarmaakmetodes, marinades en smulsouse.

Voeg daarby wenke vir koue en warm beroking, nat- en droogpekel, verwerking in biltong, salami en wors, asook die gebruik van kruie en speserye. Die boek is ingedeel volgens snitte en vir elke snit is daar ’n keur van aanloklike resepte, van klassiek tot kreatief.

Verwag treffers soos wildspastei, wildspotjie, rolrib, rookwors, springbokboud met lammersterte, kerriesult, bitterballen en nog vele meer. Ontvang die Karoovlaktes se geskenk met oop hande en ’n oop hart, nooi die vrye natuur na binne, dek jou tafel met gulhartige oorvloed en bemeester die kuns om wildsgeregte te maak wat smelt in die mond.

Annatjie Reynolds, alombekende wildsvleiskenner, slyp reeds jare lank haar talent en kookvernuf op hul Karooplaas, Nieuwefontein, naby Richmond. Sy en haar vriendin en medeskrywer, Lynne Minnaar, deel graag hul passie vir wildsvleis en wys hoe jy iets baie spesiaals in die kombuis kan laat gebeur.


For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za

© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.

Other Details

Publisher:
Human & Rousseau
Publisher Title:
Karoowildsvleis
Authors:
Lynne Minnaar, Annatjie Reynolds
Format:
Softcover