Product Description
Karlien kan nie kook nie
Authors: Karlien van Jaarsveld, Izelle Hoffman
Format: Paperback
Resepte só maklik, enigeen kan dit maak! Karlien van Jaarsveld het baie talente, maar kook is nie een van hulle nie. Soos baie ander mense wil Karlien die berge invaar wanneer iemand haar vra: ‘Wat eet ons vanaand? ’Toe kom leefstylsjef Izelle Hoffman met 50 resepte vorendag wat só maklik, lekker en vinnig is dat selfs Karlien dit kan maak! Die gevolg is ’n heerlike resepteboek propvol wengeregte wat jy met min moeite en eenvoudige bestanddele in ’n japtrap kan maak. Karlien kan nie kook nie sluit alles in van familiekos en trooskos tot romantiese etes vir twee en lekkernye vir die kroos. Of jy nou vinnig iets ná werk aan mekaar wil slaan of die Sondag grênd wil onthaal, dié boek gaan elke keer tot jou redding kom. Beïndruk jou gesin en jou gaste met hartlike huiskos wat na baie moeite lyk, maar geen moeite is nie!
About the Authors
Karlien van Jaarsveld is 'n bekende persoonlikheid in die Suid-Afrikaanse
vermaaklikheidswêreld. Sy is 'n baie gewilde liedjieskrywer, sangeres, aktrise en kunstenaar. Karlien is gebore in die Paarl, die oudste van drie kinders, en haar broer is die ewe bekende sanger en akteur, Bobby van Jaarsveld. Haar musiekalbums bereik gereeld Platinum-status. Sy verskyn ook in die films Platteland en As jy sing, die sepie Binnelanders en as Aspoestertjie in 'n teaterproduksie. In 2015 wen sy die agtste seisoen van Strictly Come Dancing SA en speel ook saam met haar broer in 'n realiteitsreeks, Bobby & Karlien: In jou skoene. Karlien is ook al vir menige toekennings benoem, insluitend die Beste Vroulike Kunstenaar, Beste Pop-album en Musiekvideo van die Jaar. Karlien is gelukkig getroud en het vier kinders. Riviere in die wildernis is haar tweede boek. Die eerste was Karlien kan nie kook nie wat in 2019 deur LAPA uitgegee is.
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited. © 2026 Schoolspace