CONTACT US


ENQUIRIES


OFFICE HOURS


Mon-Fri: 9am-4pm

Kan jy asseblief sê? Groot Treë Reeks

R0.00
Write a Review
SKU:
ISBN 9780799391800
UPC:
9780799391800
Condition:
New
Availability:
Most titles ship within 3–10 working days if in stock. Non-stock items may take up to 4–8 weeks to import from overseas or reprint.

Product Description

Kan jy asseblief sê? Groot Treë Reeks

Author: Ko-produksie MacMillan Pulishers UK

Format: Hardback

Recommended for ages 3+

 

Hierdie reeks boekies is ontwerp met die doel om ouers en hul kleuters te help om nuwe ervaringe en alledaagse dinge soos slaaptyd, kleuterskool, doktersbesoeke en goeie maniere op ’n lekker manier onder die knie te kry. Speel saam met al die flappies en meganismes!

Hierdie reeks bevat verskeie nuttige wenke vir ouers en versorgers wat saam met ’n vooraanstaande ontwikkelingsjare konsultant, Dr Amanda Gummer, ontwikkel is.

Daar is ses hoogs versamelbare titels in die reeks:

Ek wil nie slaap nie

Gaan saam met Ned deur sy slaaptydsroetine, al is hy glad nie slaperig nie. Hy en Mamma bêre saam sy speelgoed, bad, lees ’n storie en sing ’n liedjie!

Klaar met doeke

Hierdie twee kleuters is klaar met doeke! Beleef die proses saam met hulle.

Ek gaan kleuterskool toe

Bennie is baie hartseer toe Pappa hom by die kleuterskool aflaai – maar kort voor lank is hy besig om maatjies te maak en allerhande dinge te doen! Voor hy sy oë kan uitvee is Pappa al terug.

Ons kry ’n baba

Nancy kry ’n bababoetie! Oupa en Ouma kom bly by haar terwyl Mamma en Pappa hospitaal toe gaan. Verwelkom saam met Nancy die splinternuwe baba in die familie!

Ons gaan dokter toe

Billy en Nell is op pad dokter toe. Lees saam hoe hulle ondersoek word en elkeen ’n inspuiting kry!

Kan jy asseblief sê?

Tom en Nancy speel te lekker saam, en leer hoe om te deel en goeie maniere te hê.

 


For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za

This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited. © 2026 Schoolspace

Other Details

Imprint:
LAPA Publishers
Series:
Groot Treë Reeks
Publication Date:
01/02/2019
Language:
Afrikaans
Pages:
10
Dimensions:
190 × 190 × 12 mm