Product Description
Jannie Mouton: En toe fire hulle my
Author: Carié Maas
Format: Softcover
Die Stellenbosse sakereus Jannie Mouton, wat al deur Moneyweb beskryf is as die Boere-Buffett, speel in hierdie boek oop kaarte en deel die sake- en beleggingslesse wat hy geleer het. Jannie Mouton is in die pad gesteek as besturende direkteur op die ouderdom van 48.
Binne 15 jaar daarna het hy ’n reusesakeryk opgebou: PSG het belange in maatskappye met ’n markkapitalisasie van miljarde rande. Wie is die man agter PSG?
Daar is baie wat sê hy is ’n bliksem wat nie nee vir ’n antwoord vat nie, maar hy lees en het ’n sagte hart vir die poësie. Oor ’n swartbemagtigingsopportunis sal hy nie sy woorde tel nie, maar hy kon dit nog net een maal in sy loopbaan oor sy hart kry om self ’n kollega te vra om te loop.
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.