CONTACT US


ENQUIRIES


OFFICE HOURS


Mon-Fri: 9am-4pm

Jamie en Sebastiaan-omnibus

R0.00
Write a Review
SKU:
ISBN 9780799391275
UPC:
9780799391275
Condition:
New
Availability:
Most titles ship within 3–10 working days if in stock. Non-stock items may take up to 4–8 weeks to import from overseas or reprint.

Product Description

Jamie en Sebastiaan-omnibus

Authors: Martie Preller, Martie Kruger

Format: Paperback

Recommended for ages 9+

 

Jamie en Sebastiaan is terug in ’n fantastiese omnibus. Maak gereed vir baie kattekwaad!

Die geliefde Jamie en Sebastiaan-verhale is terug met ’n nuwe baadjie. Beleef allerhande avonture saam met Jamie en Sebastiaan, die spekvet, pratende kat – van noue ontkomings uit die hande van ’n ontvoerder en glibberige woestyntunas, tot die soektog na die vermiste storiemol.

Jamie en Sebastiaan Van die eerste oomblik toe Jamie vir Sebastiaan in die groentetuin sien lê het, het hy geweet hier kom moeilikheid. Sommer GROOT moeilikheid!

Sebastiaan is nie net ʼn gewone kat nie. Hy is ʼn spekvet, grysgestreepte kat wat boonop kan praat!

Al wat hy eet is tuna en room, want dit is wat die kattedokter in die Kaap vir hom voorgeskryf het. Ouma Katie dink Sebastiaan is ’n dierbare ou katjie, maar Jamie weet van beter.

Hy weet dat dit Sebastiaan was wat die skoolhoof se tunatert opgevreet het EN wat hulle amper in die kloue van ’n smerige ontvoerder laat beland het EN wat ʼn wrede seerower se houtbeen gesteel het EN wat die glibberige woestyntunas so kwaad gemaak het dat hulle hom wou opkerf en in blikkies verpak … Jamie en Sebastiaan en die storiemol In die tweede boek kry Jamie en sy kat, Sebastiaan, ʼn baie belangrike opdrag – hulle moet die storiemol gaan soek. Die storiemol het spoorloos verdwyn en sonder haar sal al die stories op aarde opdroog. ’n Wêreld sonder stories sal ’n aaklige plek wees.

Daarom vertrek Jamie en Sebastiaan dadelik op hul nuutste avontuur met die hulp van ʼn slim sprinkaan en ʼn pratende hysbak!

 

About the Authors

Martie Preller is een van die mees bekroonde kinderboekskrywers in Afrikaans, en haar immergroen karakters soos Babalela, Jamie en Sebastiaan en Balkie het oor die jare volksbesit geword. Sy het bykans 40 boeke gepubliseer en haar skryfwerk is onder meer met die Sanlamprys vir Jeuglektuur, die Tienie Holloway-medalje, die M.E.R.-prys en die Alba Bouwer-prys bekroon.

Sy is in 2023 oorlede.

 


For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za

This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited. © 2026 Schoolspace

Other Details

Imprint:
LAPA Publishers
Series:
Jamie en Sebastiaan
Publication Date:
01/03/2019
Language:
Afrikaans
Pages:
320
Dimensions:
212 × 137 mm