CONTACT US


ENQUIRIES


OFFICE HOURS


Mon-Fri: 9am-4pm

Ingrid Jonker

R400.00
In stock
(0) Write a Review
SKU:
ISBN 9781415209363
UPC:
9781415209363
Condition:
New
Availability:
Most titles ship within 3–10 working days if in stock. Non-stock items may take up to 4–8 weeks to import from overseas or reprint.
Shipping:
Calculated at Checkout

Product Description

Ingrid Jonker

Author: Petrovna Metelerkamp

Format: Paperback

’n Biografie

Die digter Ingrid Jonker was 31 toe sy in die vroeë oggendure van 19 Julie 1965 verdrink het, al beweer bronne sy was ’n jaar ouer. Vandag bespiegel mense steeds oor menige ander feit rondom die lewe van dié fassinerende figuur.

Meer as 50 jaar later verskyn hierdie eerste omvattende biografie van Jonker: die dogter van ’n stoere volksraadslid getroud met ’n vrou uit die Afrikaner-adel; die minnares van bekende skrywers en kunstenaars; die enkelouer sonder ’n vaste heenkome vir haar en haar kind; maar veral die digter wie se aansien ná haar dood steeds toeneem.

Hierdie toeganklike biografie vertel Jonker se lewensverhaal: Met haar ma wat in inrigtings opgeneem is, word Ingrid as dogtertjie deur haar ouma versorg. Sy tree kortstondig in die huwelik met die pa van haar meisiekind, terwyl haar digterstalent met die aanmoediging van ’n boheemse vriendekring ontwikkel.

Haar onstuimige liefdesverhoudings met onder andere die skrywers Jack Cope en André P. Brink word breedvoerig beskryf; ook haar angswekkende laaste paar uur en die kontroversie daarna. Nuwe inligting uit briewe, dagboeke en opnames van gesprekke met vriende en familie kort ná haar dood dra by tot hierdie verhaal van vlees en bloed oor een van Suid-Afrika se aangrypendste kultusfigure.

About the Author

Petrovna Metelerkamp is a writer, publisher, radio presenter and journalist whose writing appeared in the magazines Huisgenoot and Insig. For the past fifteen years she's been publishing books, her well-known Ingrid Jonker €“ A Poet's Life appearing in 2012. She has been studying Jonker for years and is often invited to give talks on her life.


For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za

© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.

Other Details

Publisher Title:
Ingrid Jonker Biografie
Authors:
Petrovna Metelerkamp
Publication Date:
10/04/2018
Language:
Afrikaans
Pages:
440
Dimensions:
234 × 153 × 34 mm
Publisher:
Penguin Random House
Format:
Paperback