CONTACT US


ENQUIRIES


OFFICE HOURS


Mon-Fri: 9am-4pm

Gif

R230.00
Write a Review
SKU:
ISBN 9780637005500
UPC:
9780637005500
Condition:
New
Availability:
Most titles ship within 3–10 working days if in stock. Non-stock items may take up to 4–8 weeks to import from overseas or reprint.

Product Description

Gif

Authors: Annerle Barnard, Franco v. Heyn

Format: Paperback

Recommended for ages 13+

 

Joe Schutte en sy pelle, Nathe en Thabo, lewe vir rugby. Alles anders in Joe lewe is so vars soos verlede jaar se brood.

Maar skielik verander iets in die rugbyspan. Dit voel asof hulle spanmaats oornag groter, sterker, beter is.

Joe en Thabo verloor hulle plekke in die span terwyl Nathe onseker is oor sy plek. Die drie beraam ’n plan, maar dis onwettig en die risiko is groot.

Joe wíl nie, maar besef dat hy nie anders kan as om te help nie. Asof die drek in sy lewe nie genoeg is nie, moet hy hom bekommer oor Sticks en Nina, sy ouer suster, ook.

Dan is daar Joanne. As Joe en Joanne se sterre mekaar gevind het, waarom kan sy ma haar nie verdra nie?

 

About the Authors

Annerle Barnard het in die dorp Musina die lig gesien. Sy was kleintyd mal oor boomklim, mango’s en boeke en het graag op huise en motorhuise se dakke rondgehardloop en van die een na die ander gespring — en ook ’n keer of wat baie hard geval.

Sy het aan die Noordwesuniversiteit ’n BA honneursgraad in Engels verwerf. Op universiteit reeds het sy geweet sy wil nie slegs die palet wees nie, maar eerder die verfkwas.

Ná afloop van haar studies het sy die onderwys betree en daarna die korporatiewe sektor. Tans skryf sy en speel skooltaxi vir haar jongste seun.

Sy woon in Bloemfontein saam met haar man en twee baie sportiewe seuns. Haar ewe sportiewe stiefdogter woon in Gauteng en kuier graag by haar Bloemfontein-familie.

 


For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za

This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited. © 2026 Schoolspace

Other Details

Imprint:
LAPA Publishers
Publication Date:
01/07/2024
Language:
Afrikaans
Pages:
168
Dimensions:
212 × 137 × 13 mm
Weight:
0.1 kg