Early Bird Spring Sale – Banner & Hero
15% OFF Sitewide · 1–30 September

Our Biggest Sale of the Year

EARLY BIRD 🐣 SPRING SALE

Order early and get 15% off all textbooks.
Beat the back-to-school rush – at unbeatable prices.

CONTACT US


ENQUIRIES


OFFICE HOURS


Mon-Fri: 9am-4pm

Fynbosfeetjies

R260.00
In stock
(0) Write a Review
SKU:
ISBN 9781415209028
UPC:
9781415209028
Condition:
New
Availability:
Most titles ship within 3–10 working days if in stock. Non-stock items may take up to 4–8 weeks to import from overseas or reprint.
Shipping:
Calculated at Checkout

Product Description

Fynbosfeetjies

Authors: Antjie Krog, Fiona Moodie

Format: Paperback

Dit is omrede sy fynbos – die smalblaar-, struikagtige plantegroei van die streek – dat die suidwestelike en suid-Kaap benoem is as een van die wereld se ses planteryke: Die Kaapse blommeryk. Met 'n opervlakte van minder as 90 000 vierkante kilometer is dit die kleinste planteryk ter wereld. Tog is dit die tuiste van 8 600 plantspesies, waarvan 5 000 nerens elders voorkom nie.

Fynbos is 'n vermenging van vier plantsoorte: Protea-struike, heideagtige erikas, rietagtige restio’s en 'n verskeidenheid bolplante. In die Kaapse blommeryk groei 69 van die wereld se 112 proteas, 526 van sy 740 erikas en onder sy bolplante word 96 van die wereld se 160 gladiolusspesies aangetref.

Op sy eie spog Tafeberg met byna 1 500 fynbosspesies. Met Fynbosfeetjies bring Antjie Krog en Fiona Moodie, wat albei gereeld op die hange van Tafelberg gaan stap, hulde aan een van die natuurwonders van die wereld. Antjie, geinspireer deur Cicely Mary Barker se A world of flower fairies, het die bal aan die rol gesit deur verse te skryf oor verskillende blomplante wat deur minstens een denkbeeldige wesentjie bewoon word.

Fiona het elke plant, insek en gediertetjie wat in hierdie boek afgebeeld is, nagevors. Die feetjies en ander droomwesentjies is haar eie skepings, maar die blomme, gogas en diertjies het sy by die natuur afgekyk en noukeurig nageteken.

About the Author

Antjie Krog is gebore en word groot in die Vrystaat. Sy was sewentien toe haar eerste digbundel verskyn. Hierna volg ’n verdere dertien bundels. Sy was redakteur van die politieke tydskrif Die Suid-Afrikaan en werk later as radiojoernalis. Sy is internasionaal veral bekend vir haar boek Country of my skull, ’n persoonlike verslag van die Waarheid-en-versoeningskommissie. Vir haar joernalistieke werk is sy met die Pringle-toekenning bekroon. Sy is ook die skrywer van ’n Ander tongval en Begging to be black. Krog ontvang die belangrikste toekennings in die genres waarin sy werk: poësie, niefiksie en vertaling, onder meer die Eugène Marais-prys, die Hertzogprys, die Alan Paton-prys en die Olive Schreiner-prys. Sy is vereer met die Hiroshima Peace Culture Foundation se Stockholm-toekenning, die Sentraal-Europese Universiteit se Open Society Prize en die Nederlandse Gouden Ganzenveer. Sy is getroud met die argitek John Samuel.


For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za

© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.

Other Details

Publisher Title:
Fynbosfeetjies
Authors:
Antjie Krog, Fiona Moodie
Publication Date:
09/02/2016
Language:
Afrikaans
Pages:
32
Dimensions:
280 × 192 × 4 mm
Weight:
160 g