Product Description
Fynbos – Ekologie en Bestuur
Author: Karen J. Esler
Format: Paperback
Die fynbosstreek is een van die skouspelagtigste uiteenlopende plekke op Aarde. Dit is nie 'n ligtelike bewering nie.
Wanneer mens die verskeidenheid insekte asook vars- en seewaterspesies wat ook met die Kaap assosieer is, in aanmerking neem, mag hierdie brandpunt een van die warmste ter wêreld wees. Dit is verwarrend uiteenlopend, met 'n verskeidenheid kleinskaalhabitats, van vleilande in die laagtes tot sypelings in die berge en unieke grond-, voedings-, aspek- en reënvaltoestande, wat almal saamspan om hierdie verskeidenheid te onderhou en te dryf.
Fynbos is 'n plantegroeitipe wat by vuur aangepas is (net soos grasvelde en savannes), en benodig vuur om voort te bestaan: sonder vuur sal die plantegroei te dig raak en verouder, bome sal daarin slaag om die stelsel binne te dring en te oorheers, en mettertyd sal kosbare voedingstowwe wat deur vuur vrygestel word en waarvan die stelsel afhanklik is om te verjong, nie meer beskikbaar wees nie. Hierdie boek is 'n gids om besoekers, inwoners, bestuurders of eienaars van grond in die Fynbosbioom te help om dié uitsonderlike rykdom te waardeer en te bestuur.
Oor die outeurs:
Karen J. Esler is professor in die Departement Bewaringsekologie & Entomologie, Universiteit van Stellenbosch, Suid-Afrika. Shirley M. Pierce, PhD, is 'n plantekoloog en wetenskap-kommunikasiekonsultant.
Charl de Villiers is 'n omgewingskonsultant met 'n ywerige belangstelling in biodiversiteit en ekostelsel-gebaseerde bestuur.
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.