CONTACT US


ENQUIRIES


OFFICE HOURS


Mon-Fri: 9am-4pm

Donker water

R350.00
Write a Review
SKU:
ISBN 9781779860064
UPC:
9781779860064
Condition:
New
Availability:
Most titles ship within 3–10 working days if in stock. Non-stock items may take up to 4–8 weeks to import from overseas or reprint.

Product Description

Donker water

Author: Martin Steyn

Format: Paperback

 

South African Humanities and Social Sciences (HSS) Awards: BEST FICTION SINGLE AUTHORED VOLUME 2025

Dis donker. Dis koud.

Jy’s alleen. En dis wanneer jy twyfel.

Ná drie jaar in die Suid-Afrikaanse Polisiediens is konstabel Alex Steytler gewoond aan die roetine van douvoordag opstaan, inry Kaap toe, op ’n trein klim en twaalf ure lank trokke of stasies patrolleer. Die lelike kant van die lewe is waar hy werk, anders as Tasha in die woonstel langsaan wat haar kamera op die mooi fokus.

Maar nou het sy vriend en medebeampte hom by nog iets ingesleep, en hierdie keer is dit nie so eenvoudig soos ’n motorfiets koop nie. Nee, Pyper wil by die duikeenheid aansluit, want treintrappe, tikkoppe en messtekers bied klaarblyklik nie genoeg opwinding nie.

En nou staan Steytler tot by sy naeltjie in ’n rivier vol riool op soek na die slagoffer van ’n boendoehof. Dis net die begin.

Om lede van die duikeenheid te word, sal hulle behoorlik aan die diep kant ingegooi word. Toe Steytler vroeg in die jaar tussen die stukke van ’n treintrapslagoffer gestaan het, kon hy nie weet dat hy teen die einde sy eie stukke sal moet bymekaar maak, of moontlik dele van homself vir ewig verloor nie. “Hierdie tou is jou lifeline.

Jy los hom nie.”

 

About the Author

Met ’n voorliefde vir die makabere, en ’n belangstelling in kriminologie en reeksmoordenaars, was dit onafwendbaar dat Martin Steyn eendag misdaadfiksie sou skryf. Sy eerste roman, Donker spoor, is in 2015 met die ATKV-Woordveertjie vir Spanningslektuur bekroon.

Daarna het Skuldig, Swartval en Losprys gevolg.

 


For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za

This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited. © 2026 Schoolspace

Other Details

Imprint:
LAPA Publishers
Publication Date:
01/09/2024
Language:
Afrikaans
Pages:
292
Dimensions:
234 × 153 × 17 mm
Weight:
0.3 kg