CONTACT US


ENQUIRIES


OFFICE HOURS


Mon-Fri: 9am-4pm

Dol heuning

R340.00
In stock
(0) Write a Review
SKU:
ISBN 9781415210796
UPC:
9781415210796
Condition:
New
Availability:
Most titles ship within 3–10 working days if in stock. Non-stock items may take up to 4–8 weeks to import from overseas or reprint.
Shipping:
Calculated at Checkout

Product Description

Dol heuning

Author: S J Naudé

Format: Paperback

Hertzogprys vir Prosa 2022

University of Johannesburg Prize 2022

Die verhale in Dol heuning kring soos breedtegrade om ’n aardbol uit – van Suid-Afrika na Ysland, die Belgiese platteland en die Italiaanse Alpe.

In ’n boomryke Kaapstadse woonbuurt koester ’n paar hul seuntjie terwyl hul skoonmaker se kind in volle aangesig van die land se on­geregtighede moet staan.

In die yslandskap van Reykjavic sluk ’n vrou dol heuning saam met die man wat haar vir ’n ander verruil het en bring hulle ’n angswekkende aand saam met ’n gewelddadige Rus en sy metgesel deur.

Terwyl twee minnaars in New England aan die wreedheid van hul gasheer uitgelewer word toe sy menslikheid hom verlaat, ontferm ’n ma haar oor ’n straatkind op Park-stasie.

Die verhaalsiklus wat die kroon span, vertel hoe ’n jong Namibiër en sy Japannese vriendin ’n tragedie in die berge en ’n nag in ’n beklemmende chateau met ’n poel vol gloeiende palings beleef.

Ná die veelbekroonde Alfabet van die voëls, publiseer S J Naudé ’n tweede bundel kortverhale wat ontstel, verras, en boweal bekoor.


For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za

© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.

Other Details

Publisher Title:
Dol Heuning
Authors:
S J Naudé
Publication Date:
01/03/2021
Language:
Afrikaans
Pages:
240
Dimensions:
234 × 153 mm