CONTACT US


ENQUIRIES


OFFICE HOURS


Mon-Fri: 9am-4pm

Die Verlore eiland en ander stories

R0.00
Write a Review
SKU:
ISBN 9780799391312
UPC:
9780799391312
Condition:
New
Availability:
Most titles ship within 3–10 working days if in stock. Non-stock items may take up to 4–8 weeks to import from overseas or reprint.

Product Description

Die Verlore eiland en ander stories

Author: Janie Oosthuysen  •  Illustrator: Stephen Wallace

Format: Paperback

Recommended for ages 9+

 

Ou gunstelinge kry ’n nuwe baadjie!

Drie van Janie Oosthuysen se immer gewilde kinderboeke kan nou geniet word in een opwindende omnibus.

Daar is vlooie in my bed

Rosie is moeg daarvoor om oom Flopper en tant Flousie se slaaf te wees. Oom Flopper ruik na ou voete en sy kulkunsies loop gedurig skeef. Tant Flousie kla heeldag en deel werk uit. Net voordat dinge heeltemal hand uitruk, ontmoet Rosie vir Stradivarius Vlooi en sy talentvolle maats wat in haar bed woon …

Die verlore eiland

Geen besoekers, geen telefoonoproepe en geen vakansies. Dis die reëls by madame Spina Webb se skool op die geheimsinnige Verlore Eiland. Nikkel en Pennie is dadelik agterdogtig toe hulle op die eiland kom. Watter vreemde dinge is by dié skool aan die gang? Hoekom tree madame Spina Webb so vreemd op? En wat is die geheimsinnige Ogopogo?

Die towerpotlood

Ronnie se senuwees is gedaan. Sy goor pleegouers, oom Mufter en tant Skimmel, gaan ’n muisvalletjie stel. Wat as hulle vir Paulus, Ronnie se hamster, daarin vang? Maar dan gebeur ’n vreemde ding op pad skool toe — Ronnie kry ’n towerpotlood present! Sal die towerpotlood hom en Paulus van die skoolboelies en sy nare pleegouers kan red?

 


For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za

This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited. © 2026 Schoolspace

Other Details

Imprint:
LAPA Publishers
Publication Date:
01/01/2019
Language:
Afrikaans
Pages:
200
Dimensions:
212 × 137 mm