CONTACT US


ENQUIRIES


OFFICE HOURS


Mon-Fri: 9am-4pm

Die Stellenbosch Mafia

R260.00
In stock
(0) Write a Review
SKU:
ISBN 9781776194384
UPC:
9781776194384
Condition:
New
Availability:
In stock at warehouse • Ships in +/- 5 working days,Imported title on pre-order • Awaiting stock from UK
Shipping:
Calculated at Checkout

Product Description

Die Stellenbosch Mafia

Author: Pieter du Toit

Format: Paperback

“Comrade president, Stellenbosch is ’n groot probleem. Ons weet jy is na aan Stellenbosch … ons het Stellenbosch nie tot die parlement verkies nie.

Ons het nie die Ruperts verkies nie.” – Die EFF-leier Julius Malema aan President Cyril Ramaphosa Daar word bitsig na hulle as die “Stellenbosch-Mafia” verwys en baie reken die klub van miljardêrs wat in en om dié Bolandse dorp woon, is die ergste voorbeeld van witmonopoliekapitaal. Hul kritici kla oor hul invloed op die staat en die ekonomie, maar wie is hierdie groep ongelooflike ryk Afrikaanssprekende individue en hoeveel mag het hulle werklik?

Die skrywer en joernalis Pieter du Toit het ondersoek gaan instel op Stellenbosch, een van die welvarendste dorpe in die land, wat deur talle as ’n hoeksteen van die Afrikanerdom beskryf word. Hierdie dorp is immers die geboorteplek van talle Afrikanerintellektuele, politeke leiers, asook vele sakemanne en hul sakeryke.

Du Toit kyk krites na hierdie klub van miljardêrs: Wie is hulle en belangriker nog, hoe is hulle onderling verbind? Watter netwerke het ontstaan danksy gedeelde direksies, alliansies en familieverbintenisse?

Hy bied ’n intieme blik op Johann Rupert se sakeryk en beskryf ook die opkoms van Markus Jooste en die impak wat die Steinhoff-skandaal op Stellenbosch gehad het.


For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za

© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.

Other Details

Publisher:
Jonathan Ball Publishers
Publisher Title:
Die Stellenbosch Mafia
Authors:
Pieter du Toit
Format:
Paperback