Product Description
Die ABC van gedigte
Authors: Liezl Nel, Rolien Viljoen
Format: Paperback
Recommended for ages 9+
Hoe moet jy ’n gedig in die klas aanbied? Hoe leer jy gedigteterme vir die leerders en wat as die regte terme? Ek het gedigte vir drie grade nodig - waar kry ek dit? Hoe moet ek leerders vir die Eisteddfod voorberei? Hoe leer ek my leerders om gedigte te skryf? Hierdie is van die baie vrae wat laerskoolonderwysers het. Met Die ABC van GEDIGTE gaan jy nie net antwoorde op al bogenoemde vrae kry nie, maar jy gaan ook sien hoe om ’n gedig te analiseer, hoe om tematies met gedigte te werk, hoe om gedigte met ander vakke te inkorporeer, hoe verskillende digvorme lyk en die belangrikste - hoe om dit alles speel-speel te doen, want gedigte is pret! Daar is selfs ’n paar gedigte wat vir kore getoonset is.
About the Authors
Liezl Nel hou vir die afgelope 23 jaar tussen die Kaap en Taiwan skool.
Met haar ervaring in Taiwan het sy besef dat leerders baie makliker leer wanneer iets in rymvorm is, en dit is waar haar groot liefde vir gedigte begin het. Die jaarlikse aanvraag na nuwe en vars gedigte vir eisteddfods in Suid-Afrika het gemaak dat sy al meer gedigte (in Afrikaans en Engels) begin skryf het, wat haar vandag ’n bekende naam in die eisteddfodkringe maak.
Dit is vir haar belangrik dat gedigte pret moet wees, en as jy haar baie, baie gedigte lees, sal jy saamstem dat dit is!Rolien Viljoen hou tans skool by Laerskool Koue Bokkeveld en onderrig vir meer as 18 jaar Afrikaans Huistaal en Eerste Addisionele taal vir graad 4-7. Sy skryf al vir jare artikels in die Klasgids.
Sy is een van die medeskrywers vir Aktiwtietsboek: Die klein boek van reeks en Werkboek: Op my planeet wat onlangs verskyn het.
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited. © 2026 Schoolspace