Product Description
Daar’s ’n towerponie in my bed!
Author: Martelize Faber • Illustrator: Elsabé Ebersöhn
Format: Hardback
Recommended for ages 3+
Tienie Hollowaymedalje vir kleuterliteratuur 2024
Die dag toe Lia die sagte pienk en pers towerponie met die blink horing uit die geskenksak haal, het alles verander...Wanneer Lia se ma in die hospitaal opgeneem word, gee Lia se ouers vir haar ’n geskenkpakkie: ’n skulp, ’n sepie, ’n haarknippie en ’n towerponie genaamd Reënboog om haar te troos. Min weet hulle presies hoeveel Reënboog haar deur die moeilike tyd gaan help!
Lia en Reënboog sal kinders op ’n toweragtige reis neem na avonture waarvan ’n mens slegs kan droom. ’n Moet-lees-boek vir elke kind wat vertroosting nodig het in moeilike tye!
About the Author
Martelize Faber het grootgeword op die plaas Skietlaagte buite Viljoenskroon. As sy nie besig was om Storieman te luister nie, was sy op die tak van ʼn kareeboom in die tuin.
Na skool behaal sy ’n graad in BCom Rekeningkunde, asook haar Nagraadse Onderwys Sertifikaat by die Universiteit van Johannesburg. Later voltooi sy ook haar meestersgraad in onderwys aan die Universiteit van die Vrystaat.
Martelize wen verskeie kere skryfkompetisies met haar kinderverhale en -rympies. Haar prenteboek, Daar’s ’n towerponie in my bed, verskyn in 2023 by LAPA Uitgewers.
Sy woon op ʼn plaas in die Jacobsdal-distrik saam met haar man en hulle twee dogtertjies. Hier spandeer sy tyd voor haar boekrak, skryf, maak tuin of hekel met ʼn luisterboek in die ore.
About the Illustrator
Elsabé Ebersöhn vind inspirasie in die natuur. Sy het ʼn passie vir kinders, lees, kennis en om tyd saam met haar seuns te spandeer.
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited. © 2026 Schoolspace