Product Description
Bravo! Charlie
Author: Jacolet van den Berg
Format: Paperback
Recommended for ages 15+
LAPA Jeugromankompetisie 2024
Wat het geword van elke man vir homself? Charlie Flets is 17, taai en ʼn 800m atleet op pad na SA’s. Behalwe vir sy skaaphond buddy, Bravo, en vriend, Jordan Jafta, probeer Charlie sy bes om solo te vlieg. Probeer … Dis makliker gesê as gedaan, veral as jou buddies moeilikheid kry.
Terwyl hy bloed sweet op die atletiekbaan, maak hy seker dat hy nie per ongeluk ʼn barmhartige Samaritaan soos die res van sy gesin word nie. Hy fokus eerder op sy eie oorlewing, want hy haat dit dat sy pa ’n helikoptervlieënier in die lewensgevaarlike Soedan is en hy haat dit dat sy ma alles en almal in nood help. Soos die uiters vreemde tannie San wat haar intrek in sý buitekamer kom neem het.
En dan tel Charlie teensinnig ʼn verlore joernaal op en teen sy beterwete probeer hy die eienaar opspoor. Skielik word sy eie planne van alleen leef ontspoor, want die joernaal maak ʼn ander wêreld vir hom oop.
About the Author
Jacolet van den Berg studeer eers BSc. Dieetkunde aan die Universiteit van die Vrystaat en maak dan ʼn wye draai van Londen tot Johannesburg voor sy en haar gesin hul voetholte in die Paarl vind.
Haar onbehoorlike, kleintyd liefde vir stories en Afrikaans motiveer haar om haar hand uiteindelik in 2008 aan skryf te waag. Terwyl sy, haar man en hul drie seuns hul droom in die Boland leef, skryf sy verskeie liefdesverhale, romans en jeugboeke.
Vir haar is die sprong tussen volwasse- en jeugfiksie pure genot.
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited. © 2026 Schoolspace