CONTACT US


ENQUIRIES


OFFICE HOURS


Mon-Fri: 9am-4pm

Brandmerk

R320.00
In stock
(0) Write a Review
SKU:
ISBN 9781485904342
UPC:
9781485904342
Condition:
New
Availability:
Most titles ship within 3–10 working days if in stock. Non-stock items may take up to 4–8 weeks to import from overseas or reprint.
Shipping:
Calculated at Checkout

Product Description

Brandmerk

Author: Christelle van Rooyen-Wessels

Format: Paperback

Hy kan eerlik sê kleintjies hou van hom. Dit laat hom altyd dink dat hy ’n goeie pa sal maak. Die dogtertjie weeg byna niks en hy pluk haar met gemak tot binne-in sy voertuig. Hy trek dadelik weg, die spartelende kind oor sy skoot. Sy probeer onder sy greep uit kom, maar hy druk haar half onder die stuurwiel in. Hy kyk rond. Niemand storm uit ’n huis of roep agter hom aan nie. Hy neem aan hy het bespeuring ontglip. Hy gee ’n ingenome laggie. Practice makes perfect, nè.

’n Kombers van boosheid daal neer oor ’n plattelandse dorp wanneer Portia Serape se vyfjarige dogtertjie gegryp word, maar dit is net die begin. Haar familie probeer naarstiglik om die kind op te spoor.

Nuus van die vermiste meisiekind bereik Klara Dean – eens Francke – waar sy as maatskaplike werker by Veilige Hawe op die dorp in die Kalahari werk. Klara het die stukkies van haar lewe opgetel nadat sy en haar lieflingseun David die wreedheid van haar eksman oorleef het. Nou het Klara ’n nuwe, liefdevolle man en ’n oulike vierjarige.

Maar die nuwe vlaag onheil bedreig hul veiligheid, en hou kaptein Coghran en die plaaslike polisie wakker tot diep in die nag.

About the Author

Christelle van Rooyen-Wessels is op De Aar gebore en is tans die redakteur van een van die oudste gemeenskapskoerante in die land €“ die Stellalander. Sy woon in Vryburg in Noordwes. In 2004 ontvang sy die Sanlam Gemeenskapsperstoekenning vir Joernalis van die Jaar: Menslike Nuus. Adder is haar debuut.

Christelle Wessels is die skrywer van Adder, Brandmerk en Om beter te kan moor. Eersgenoemde is vir ’n ATKV-Woordveertjie genoem. Sy woon aan die voet van die Magaliesberge in Rustenburg, Noordwes.


For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za

© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.

Other Details

Publisher Title:
Brandmerk
Authors:
Christelle van Rooyen-Wessels
Publication Date:
06/01/2021
Language:
Afrikaans
Pages:
312
Dimensions:
234 × 153 × 22 mm
Publisher:
Penguin Random House
Format:
Paperback