CONTACT US


ENQUIRIES


OFFICE HOURS


Mon-Fri: 9am-4pm

Bloedbroers

R295.00
(0) Write a Review
SKU:
ISBN 9781928248163
UPC:
9781928248163
Condition:
New
Availability:
In stock at warehouse • Ships in +/- 5 working days,Imported title on pre-order • Awaiting stock from UK
Shipping:
Calculated at Checkout

Pre-Order: Ships in 3-4 weeks

Product Description

Bloedbroers

Author: Deon Lamprecht

Format: Paperback

“Dis politici wat oorlog verklaar, nie ons nie. Ons het gedoen wat ons geglo het ons moes doen en hulle [die vyand] ook . . .” — Marco Op 10 Junie 1980 gedurende ’ — n eindelose dag van bloedige gevegte onder die Angolese son is 13 lede van die Suid-Afrikaanse Weermag dood en etlike beseer toe 61 Gemeganiseerde Bataljon Groep ’n kompleks van Swapo-basisse in die suide van Angola aangeval het.

Gedurende Operasie Sceptic het tweede luitenant Paul Louw sy peleton in vier Ratels na die slagveld by die doelwit Smokeshell gelei. In die chaos wat daardie dag gevolg het, is 12 dienspligtiges in sy peleton van 44 noodlottig gewond en hy is self ook beseer.

Een van sy troepe, die 18-jarige HP Ferreira, is met ’n 14,5 mmmasjiengeweer deur sy pelvis geskiet en hy is ook deur etlike AK-47 koeëls getref. Hy het wonderbaarlik oorleef.

Louw, nog met die bloed van sy manne aan sy klere, en ’n handjievol ander soldate het die aand deurgebring in ’n Ratel wat deur ’n RPG-vuurpyl getref is. Hulle was heeltemal afgesny van die res van die aanvalsgroep en het nie geweet of hulle die son sou sien opkom nie.

In Bloedbroers vertel van die oorlewendes van hul ervarings tydens die geveg. Dit werp ook lig op wat met soldate gebeur nadat die laaste skote afgevuur is en volg die veterane toe hulle vier dekades ná die operasie vir die eerste keer na die slagveld teruggekeer het.


For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za

© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.

Other Details

Publisher:
Delta
Publisher Title:
Bloedbroers
Authors:
Deon Lamprecht
Format:
Paperback