Early Bird Spring Sale – Banner & Hero
15% OFF Sitewide · 1–30 September

Our Biggest Sale of the Year

EARLY BIRD 🐣 SPRING SALE

Order early and get 15% off all textbooks.
Beat the back-to-school rush – at unbeatable prices.

CONTACT US


ENQUIRIES


OFFICE HOURS


Mon-Fri: 9am-4pm

Atmosvuur

R620.00
In stock
(0) Write a Review
SKU:
ISBN 9781485900542
UPC:
9781485900542
Condition:
New
Availability:
Most titles ship within 3–10 working days if in stock. Non-stock items may take up to 4–8 weeks to import from overseas or reprint.
Shipping:
Calculated at Checkout

Product Description

Atmosvuur

Author: Jan Braai

Format: Hardback

Atmosvuur is ’n universele gids oor alles wat Jan Braai tans oor braai weet. Dit is ’n viering van hierdie wonderlike Suid-Afrikaanse tradisie waaraan 15–20 miljoen Suid-Afrikaners elke jaar op 24 September op Nasionale Braaidag deelneem. Om hierdie kulturele gebeurtenis se 20ste herdenking te vier het Jan Braai meer as 200 resepte bymekaargesit wat oor ’n houtvuur gaargemaak en daar langsaan geniet kan word.

Die boek is in 20 hoofstukke verdeel en sluit resepte in vir tradisionele gunstelinge soos klassieke potjies, steaks, burgers en ribbetjies, tot minder konvensionele geregte wat op die braai voorberei word, soos pasta, pizza, slaai en nagereg.

Elke gereg is smaaklik en die meegaande fotografie sal jou mond laat water en jou familie en vriende geesdriftig op ’n samekoms langs die vuur laat aandring terwyl jy jou braaivaardighede ten toon stel. Jan Braai se duidelike instruksies en nugter houding teenoor die braaikuns sal verseker dat selfs groentjiebraaiers hierdie resepte maklik baasraak.

Daar is iets vir almal in hierdie boek, en die maklik verkrygbare bestanddele beteken dis verspot maklik om die maaltye saam te stel, aangesien die meeste items waarskynlik reeds byderhand is, of met min moeite of ’n vinnige rit na die supermark in die hande gekry kan word.

About the Author

Vir die afgelope 20 jaar vind Nasionale Braaidag plaas op inisiatief van Jan Braai, gemik daarop om al 60 miljoen Suid-Afrikaners op 24 September rondom braaivure saam te bring. In hierdie tyd het Jan twee MBA's verwerf: sy meestersgraad in besigheidsadministrasie aan die Universiteit van Kaapstad en sy meestersgraad in braai-aktiwiteite aan die Universiteit van die Lewe.Jan Braai is die skrywer van nege topverkoper-resepteboeke. Sy boeke is in verskeie tale vertaal en internasionaal gepubliseer. Hy is die aanbieder van die hoogaangeskrewe televisieprogram Jan Braai vir Erfenis op DStv se Kyknet en Showmax. Dié program is tans in sy vyftiende seisoen. Hy is 'n aktiewe sportman en wanneer hy nie by 'n braaivuur of in die kombuis is nie bring hy sy tyd deur om fiets te ry, te roei of te hardloop. Jan Braai is net die soort man wat jy wil hê jou kinders moet leer kosmaak!


For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za

© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.

Other Details

Publisher Title:
Jan Braai: Atmosvuur
Authors:
Jan Braai
Publication Date:
01/09/2024
Language:
Afrikaans
Pages:
432
Dimensions:
260 × 200 × 31 mm
Weight:
1440 g