Product Description
Assessering in Opvoedkunde
Author: JM Dreyer
Format: Physical Hardcopy
Assessering en leer is onlosmaaklik vervleg, aangesien assessering bepaal of leer plaasgevind het, watter leer plaasgevind het en watter leer nog moet plaasvind. Assesseerders is konstante metgeselle dwarsdeur leerders se lewens, wat die leerpad en die leertempo bepaal. Assesseerders moet dikwels besluite neem wat die leerders se toekoms kan rig. Assessering in Opvoedkunde beskryf die reis van assessering en verskaf waardevolle inligting en riglyne om die pad makliker te maak.
Assessering in Opvoedkunde stel 'n verskeidenheid temas en uitdagings betreffende assessering in Graad R tot Graad 12 bekend. Daar is afdelings vir onderskeidelik die Grondslagfase, Intermediêre Fase, Senior Fase, Verdere Onderwys en Opleiding vir skole en Verdere Beroepsonderwys en Opleiding.
Contents:
-
Hoofstuk 1 Die assesseringsreis
-
Hoofstuk 2 Assessering in die Voorskoolse Fase en die Grondslagfase
-
Hoofstuk 3 Assessering in die Intermediêre Fase en die Senior Fase
-
Hoofstuk 4 Assessering in VOO vir skole en VOO vir Tegniese en Beroepsonderwys en -Opleiding
About the Author
Professor Johann Dreyer is werksaam aan die Universiteit van Suid-Afrika en het reeds duisende studente voorberei om hulle rol as assesseerders te vervul. Hy bied ook 'n assesseringskursus vir dosente by Unisa en ander universiteite aan. Hy is lid van die Assessors' Standards Generating Body, en het verskeie assesseringskursusse ontwikkel, help ontwikkel, en aangebied.
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.