Product Description
Amper Frans
Author: Louis Jansen van Vuuren
Format: Paperback
Toe hy 21 jaar gelede vir die eerste keer in Parys aankom, sou die kunstenaar Louis Jansen van Vuuren hom nooit kon indink dat hy eendag ’n château in die Franse platteland sou besit nie. In Amper Frans vertel hy op skreesnaakse wyse hoe hy alles wat Frans is ontdek en beproef het – daar is neusoptrekkerige kelners, statige hertoginne, etlike botsings met die berugte Franse burokrasie en natuurlike talle faux pas in sy gebrekkige Frans.
Om die vervalle château saam met sy lewensmaat, Hardy Olivier, in ’n boetiekhotel te omskep het groot geduld en uithouvermoë geverg. Talle lesse is op die harde manier geleer.
Een daarvan is dat vier verwarmers geensins genoeg is om ’n hele château te verhit nie en dit sal jou dae lank sonder elektrisiteit laat. Louis vertel ook van kaskenades met hulle gaste en hul eie avonture soos hulle die land platry agter vlooimarkte en avontuur aan.
Hy vermeng stories oor hul lewe in Frankryk met brokkies geskiedenis en fassinerende inligting oor eg Franse tradisies. Dit is ’n moet vir Frankofiele!
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.