CONTACT US


ENQUIRIES


OFFICE HOURS


Mon-Fri: 9am-4pm

25 Trappe na benede

R320.00
Write a Review
SKU:
ISBN 9780639607627
UPC:
9780639607627
Condition:
New
Availability:
Most titles ship within 3–10 working days if in stock. Non-stock items may take up to 4–8 weeks to import from overseas or reprint.

Product Description

25 Trappe na benede

Author: Madelein Rust

Format: Paperback

 

Wat wag daar om ontdek te word net vyf en twintig trappe na benede?

Wanneer Renée Verster-Roux haar swart gewaad, donker grimering en skarlaken lipstif aansit, klim sy trap vir trap af na die wêreld van haar alterego. As Lisbé is sy nie meer die swartskaapdogter van die ryk Versters nie, maar ʼn bedrewe knoeier wat haar voordoen as ʼn waarsêer om haar trust fonds aan te vul.

Vir haar is Janine Oosterhuis, ʼn doktersvrou wat oortuig is haar man wil haar vermoor, presies die tipe kliënt wat sy soek: skatryk en paranoïes. Maar die dag toe dié vrou met die groot diamante en bang oë haar huis binnestap, het alles verander.

Hoe kon sy voorsien dat iemand die vrou werklik sou vermoor? Terwyl Renée ondersoek instel, veg sy teen nuwe herinneringe en teisterende nagmerries van die dag toe haar driejarige broertjie dood is. Hoe meer sy probeer uitrig hoe groter raak haar ma, Melisandré, se afksu. En dan is daar haar ontwikkelende gevoelens jeens Hermann, die onweerstaanbare polisieman.

Wat het daardie dag met haar boetie gebeur? Is dit waarom haar ma haar herhaaldelik straf en oënskynlik haat? En waarom bly sy droom van die kelder in hulle Bayswaterhuis? Wat wag daar om ontdek te word, net vyf en twintig trappe na benede? Renée móét onthou as sy haar lewe wil terug hê.

 

About the Author

Madelein Rust se liefde vir die geskrewe woord begin in die klein skoolbiblioteek van Brandwag Primêr in Bloemfontein, waar sy pousetye die een boek na die ander verslind. Sy slyp haar skrywerstande reeds op skool, waar sy uitblink in stelwerk en opstelkompetisies.

As jong ma sluit sy aan by die Bloemfonteinse Skrywersvereniging, waar sy ’n aantal pryse wen in die vereniging se jaarlikse skrywerskompetisie vir amateurskrywers.

 


For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za

This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited. © 2026 Schoolspace

Other Details

Imprint:
LAPA Publishers
Publication Date:
02/07/2021
Language:
Afrikaans
Pages:
320
Dimensions:
235 × 152 mm
Weight:
0.3 kg